EK SWEEF SAAM MET JOU

EK SWEEF SAAM MET JOU
OP DIE VLEULS VAN DIE REËNBOOG SE GLORIE

JY VERRAS
Soos die skitter glans van n verskietende ster
JY IS IN MY LEWE
So onbesryflik soos die volmaaktheid van die gloeiende son
JY KALMEER
Soos die natuur se ritme oor die horizon

EK SWEEF SAAM MET JOU
OP DIE VLEULS VAN DIE REËNBOOG SE GLORIE

MET DIE GLANS,IN JOU Oë
Praat jy met my n woordelose taal

JY STREEL MET DIE GEES,
My ontstuimige hart

MY VERWARENDE ERVARINGS
Met dank aan jou ,dan soos

'N MIDDERNAG DROOM,
In die môre vergete

EK SWEEF SAAM MET JOU
OP DIE VLEULS VAN DIE REËNBOOG SE GLORIE

JOU VERGIFNIS,
Kom altyd sonder n prys.

JOU GLIMLAG,
Sonder verwagtinge

VANDAG SE KWELLINGS
Los jy op, sonder verwyte oor gister
My onverstaanbare buie, hanteer jy sonder om te kritiseer
My maandelikse trane vee jy af sonder te veel vrae
En die harde woorde gister na jou gegooi

VANG JY
GOOI DIT WEG
en
VERGEET

MAAK MY STERK
Om soos jy te wees, te

VERGEWE
en
VERGEET
Lei my, om by jou te leer

VANDAG
en
GISTER
KOM NIE WEER

 

BACK   NEXT

 


Copyright (c) L-Morgan Cooper ~ All Rights Reserved